Pekanneute

So as Arbeidsterapeut is mens konstant besig om oulike aktiwiteite uit te dink en te versamel. Allerande interessante maniere om al die deeltjies van n kind se ontwikkeling te stimuleer. Speelgoed en speletjies is hier n oorvloed van in ons huis! Daarmee saam laat voel sosiale media en Pinterest mens nog dit is hoe dit hoort!!

Maar nou die dag stap ek en die twee kinders wat nog by die huis is, hier rond en ontdek die pekanneutboom se neute is ‘gaar’ (soos die plaasmense sal sê.)

Ons skud die lae takke en dan val die neute tussen die lang onkruid en gras. Daai twee soek vir die neute soos wat hulle nooit vir n verlore sokkie ooit sal soek nie. Groot vreugde as hulle dit kry! Voorgrond-agtergrond ✔ Oogbewegings✔

Nou vir die hoë takke is dit eers planne beraam. Ons klim later op n leë drom en slaan met ‘n laaaaannngg stok! Probleemoplossing✔Balans✔Grof motories✔

Nou is dit vir neute kraak. Die twee vind gou uit dat byt met die tande nie werk nie en sit die neut mooi op n klip en kap met n ander klip. Die koördinasie van uiterse presisie! Kyk die video hier onder!😁 Hand-oog koördinasie✔ Aandag en konsentrasie ✔

Nou vir die afdop!! Ek wens julle kon sien hoe daardie klein vingertjies die klipharde doppe met moeite sit en afdop. Maar die beloning is so die moeite werd dat hulle aanhou sonder om eenkeer te kerm of belangstelling verloor!! Fyn motories✔ Frustrasie toleransie✔ Deursettingsvermoë✔ Om van al die sensoriese stinulasie nie eers te praat nie. Want het jy al oorhaastig van die bitter doppe geproe????😝😝😄😄

Ek staan hulle so en kyk en besef: ons spandeer te veel tyd om kinders te probeer leer hoe om te leef, ons moet eerder DAT hulle net leef!! Als wat ons nodig het is daar buite klaar vir ons reggesit deur God. Al wat ons kort is oop oë om dit raak te sien! Glo my as ons as grootmense dalk nie dit raak sien nie, die kinders se oë sal!

Die lewe het so plastiek en kompleks geraak. Ons weet te veel en voel te min. Hoe wonderlik dat dit wat ons kinders nodig het om te leer en te ontwikkel eintlik verniet daarbuite is in die natuur. Free therapy all the way 😁. Volgende keer los ek maar die volgende fancy speletjie en gaan koop ‘n sak neute nog in hulle doppe!

Kolletjies

Hierdie aktiwiteit is een van my gunstelinge om te gebruik in terapie. Dit oefen lekker fyn motoriese vaardighede en help om n 3-punt potloodgreep te vestig. Plus dit werk sommer lekker aan konsentrasie en uithouvermoë. As ons dit klaar gemaak het trek ons sommer n klaswerkboek daarmee oor.

Al wat jy nodig het is handdoekpapier en koukies!

❤💚💜💛💙

Strooitjies

Ek het die pak strooitjies by Pepstores raak gesien. R15 vir 250 strooitjies! Ek weet strooitjies is oppad uit…so ons het toe maar die geleentheid aangegryp om soveel speel as moontlik uit hulle te haal! Dit was heel naweek ysig so dankie tog vir binnespeel planne.

Plan 1: Kyk hoe lang strooitjie kan jy maak. Mens moet nogals hard suig. Dink dit sal deurgaan vir n baie goeie oral motor aktiwiteit. Party apies moes ook self uitvind dat as jy strooitjies knoop die water nooit by jou mond sal kom nie😉.

Plan 2: Maak prentjies. Knoop hulle vas aan mekaar of druk hulle binne mekaar. Beslis ‘n baie goeie fyn motoriese oefening! Gesels oor basiese konsepte van kleur en vorms. Byvoorbeeld dat hierdie huisie ‘n pers driehoek dak het en n rooi reghoek skoorsteen.

Plan 3: Bou 3D konstruksies. Nou dink ek skop die perseptuele vaardighede ook in. Ruimtelike verhoudings en probleemoplossing.

Sal dit nie wonderlik wees as ons, ons kinders kan leer om oplossings eerder as probleme te sien nie! En wie sal kan raai dat dit met eenvoudige strooitjies kan begin!

Plan 4: Knip hulle! Hierdie was pret, veral vir die 2jarige wat nog nie baie site met ‘n skêr gehad het nie. Die een het noedelsslaai gemaak en die ander een strooitjie-sop!

Natuurlik ‘n baie goeie aktiwiteit vir skêrhantering! En vir fyn motoriese vaardighede want die knipsels skiet maar die wêreld vol en moet kort-kort opgetel word!

Plan 5: Maak prentjies met die stukkies strooitjies. Die girls het die gomgeweer uitgehaal en baie pragtige abstrakte kunswerke gemaak. Ek het ongelukkig net ‘n foto van my eie skepping op die mat. Met my rug styf teen die kaggelvuur!

Ons kon nie 250 strooitjies opspeel nie😊so hulle staan in ‘n fles nou tussen die speelgoed. Daar is sekerlik nog baie aktiwiteite soos om bolletjies papier op te frommel en ‘n blaas resies te hou.

Die wonderlikste vaardigheid wat ek dink tog ontwikkel is kreatiwiteit. Dis ongelooflik om te sien wat binne die koppe van die klein lywe aangaan as mens hulle net toelaat om te speel en te ontdek!

Alfabet

Dit was amper 2 jaar se projek! Maar dit was so lekker. Dit was ‘n hele gesinspoging met PappaSep wat vir ons moes help met D,F en Y. En klein Albert wat gesorg het dat die tandeborsel nie meer op T is nie.

Ek het probeer om klomp verskillende mediums te gebruik. Jip J se jassie is gebrei en U se uil is kruisiesteek! 🙂

Hier is ons lysie:

A- Appel&Albert :  ‘n pragtige waterverf prentjie uit die landbouweekblad

B – Blommetjie : gedroogde blommetjies

C – Chloë&”Cupcakes” : papier-plakwerk

D – Deur : ‘n plankie met ‘n skroefie handvatsel

E – Ertjies : krale vas gewerk op papier

F – Fiets: draadwerk

G – Groen, Gras, Gare : masjien stikwerk met groen gare op papier

H – Huisie&Hartjie : appliekwerk met komberssteek op karton

I – Inkleurkryte : inkleur 🙂

J – Jassie : breiwerk

K – Kroon&Knope : goue knope geplak

L -Lika&Liewenheersbesie : papier-plakwerk

M – Maan : karton met foelie oorgetrek

N – Nessie&Naaldekoker : stokkies geplak vir nessie en naaldekokerlyfie

O – Oranje : vingerverf

P – Paddastoel&Pienk&Padda : papier-plakwerk, en kinders het self wit kolle geknip. En ons het toevallig ‘n pienk padda knoop gehad!:D

Q – “Quilt” : quilting 

R – Reenboog : reënboogstokkies en inkleur

S – Skapie :  Watte en knopies plakwerk

T – Tandeborsel&Tandepasta : …daar was ‘n ou tandeborsel geplak…

U – Uil : kruisiesteek

V : Verf, Voetspore, Voete : voetafdrukke met verf

W – Wasgoed : Appliek 

X – xxx : kruisies geborduur

Y – Yster : pappa het vir ons ‘n hoof en kleinletter Y gesweis

Z -Zebra : plakwerk met wol



As jy hierdie wil aanpak, gebruik woorde wat in julle gereeld gebruik. Dinge wat vir jou kinders bekend sal wees. Ons het ook terwyl ons besig was met ‘n letter vir die hele week woorde gesoek wat met dieselfde letter begin. Lê dus eers een letter lekker vas voor jy die volgende een aanpak. Maar dis als maar net tips, die belangrikste is om saam pret te hê!!

Hoop dit inspireer julle.

xxx

Sommer Somer in die Winter

Benodighede:

image

Gekleurde Afvalpapier
Tongspatels
Gom
Skêr (verskillende tandjies skêre is pret)
Gaatjiedrukker

image

Ek het die op pinterest gesien. Ons het lekker knipvaardighede geoefen en sommer geleer hoe werk ‘n gaatjiedrukker ook😉.

En die kersie op die koek of soos die twee sal sê die sprinkles op die cupcake is die kreatiwiteitsontwikkeling!

image

Vir Mamma-Annikant kon ons klomp van haar afvalpapiertjies wegwerk!😊

Dag 2 toe word die kolwyntjies roomyse!

image

image

Klippieskool

image

Hier die briefie bring baie heimwee na my ma wat met haar dik blou flipfile koor oefen en ons wat op die kerk se wit diamantjies trappe, wat in my gedagtes 25 standards was, klippieskool speel.

image

Die speletjie het die goue geleentheid gebied om bietjie te oefen om te sê: “Goeie more juffrou.” Want groet is n belangrike mylpaal in n klein dorpie soos ons sin;)

En natuurlik na n paar rondtes het die twee die speletjie verander na stokskool met onverstaanbare reëls en wat my arbeidsterapie hart laat warm klop het want speel is darem maar die wonderlikste manier van leer en om te sien hoe n kind se verbeelding en vindingrykheid so ongetem is!