In die koelte van ‘n bloekomboom

Dis altyd vir my wonderlik as mens down is hoe Jesus verrassings in jou dag inbou, mits jy bereid is om jou oë en jou hart oop te maak vir dit.

Terwyl ek plat sit in die sand en stokke om die twee kinders by die huis te laat saam speel sien ek dié mooi pienk bloekomblare.

Ons tel hulle op soos mense by die see skulpe sal optel. Chloë begin n feëtjie huis bou. Albert ry trekkers op en af.

Ek sien hoe hulle leer om die mooi gestrooide verrassings, wat ons so maklik by verby jaag, raak sien.

Soos om te scrapbook of n kwilt te maak maar met stukkies natuur. Kinders se oë is nog so rein en oop. Hulle sien so potensiaal waar ons al afgestomp geword het.

En onder die bloekomboom terwyl al die skatte gevind word…sit ek en voel hoe die wind al my sorge en bekommernisse wegwaai. Weg ver weg, so saam met al die stof. En hoe hy my liefde waai al die pad tot by die koshuis se venster in, en n pienkblaar langs haar bed gaan neerlê. Net sodat sy weet ons speel nie sonder haar onder die bloekombome nie.

Mense Winkel

Ek ry nou die dag saam met Chloë alleen rond terwyl sy uitstaar by die ruit. “Wat wil jy eendag word as jy groot is?” Vra ek. “Ek wil ‘n mense winkel hê” antwoord sy.  Ek vra uit want wat op dees aarde is ‘n mense winkel? “Ek gaan mense gesond maak soos mamma by ‘n hospitaal wat is soos ‘n winkel.” 

❤❤❤

Dit was verseker een van die heel spesiaalste oomblikke vir my saam met haar, al wou sy die volgende dag eerder weer hare sny soos Tannie Katryn😃😃

❤❤❤

Die foto is lank na die geselsie geneem toe my niggie vir my die stelletjie gepos het wat my ouma Anna nog gemaak het seker amper 40 jaar gelede. Wat ‘n kosbare geskenk. En net dalk oor 40 jaar van nou af bestaan daar mense winkels😊😚

Bedkassie blommetjies

image

Die afgelope paar dae het sy tol geëis met n 8 maande verre swangerskap in n hittegolf en n plaasmoord in ons eens veilige plattelandse dorpie. En net toe die donker voel hy sluk my in, gaan pluk Lika vir my en Sep elkeen n blommetjie, sit dit ewe in n potjie en kom sit dit langs ons bed op elkeen se bedkassie.

Mag ons nooit ophou om kinderlik te glo nie. Mag ons nooit ophou om vir die om ons blomme aan te dra nie. Al het ons net druppels of sente oor, laat ons dit dan ook uitdeel! Laat ons vashou aan dit wat nog mooi is op aarde, hoe klein ookal. 💚

Pronkertjies

image

Ek is so bederf deur Tannie Lulu wat my by die ouetehuis nooi om ‘n bos pronkertjies eers vir my te kom pluk. En terwyl Tannie Lulu pluk sê sy vir my…kyk daar in die varing op die stoep het n swaeltjie nes gemaak! Ek loer in die pot en daar is die nessie met drie ronde eiertjies in!! Nie hoog teen die dak nie, sommer hier, vlak voor my oë. Hoe rustig en vredevol moet die stoep wees vir die voëltjie om sommer so nes te skrop. En dan sê Tannie Lulu, as almal net so gelukkig soos ons kan wees. Ek stap daar weg met die bossie gelukkigheid, vol vreugde en dink, waar kan ek dit weer gaan uitdeel? Want om liefde uit te deel is so maklik soos om n blom uit jou te pluk vir iemand en jou voëltjie op jou stoep te wys. XxX Dankie Tannie Lulu

Joyful Noise

Make a joyful noise unto the Lord – Psalm 95v1

Dit my nog altyd gepla dat die Here van ‘n geraas hou, maar na vanoggend se moederskamer ondervinding op my sensory sensitive ore verstaan ek nou. Die dominee probeer in ‘n harder stem sy punt oor bring aan die gemeente en die amper-eenjarige probeer sy punt ook harder oorbring aan sy ma, in gille! Ek dog ek crack aan my binnekant. Uitgehonger vir die Here maar uitgewerp tot die voëlhok met ‘n venster en op die spyskaart: krummels!

Verbitter kyk ek vir my refleksie in die ruit van die eindste moederskamer en dink aan my ma se woorde. Hanna het vir Sameul as baba na Eli-hulle toe gevat en gesê sy gee hom terug aan die Here soos beloof, en toe obviously sê hulle vir haar: “nee Hannatjie maak hom eers groot.” Want om gillende babas te handle sit nie in enige ou se broek nie. Binne my sit en wonder ek of ou Eli nie dalk ook ongediagnoseerde sensory issues gehad het nie, om nie eers van die dissipels by Jesus te praat nie. Wat sommer daar en dan die spulletjie op n hoop jaag en uit die weg probeer ruim. I get your drift ouens! Ek sou ook! I mean julle is in die letterlike teenwoordigheid van die Here!!

En dan spreek die Here hierdie woorde wat gegraveer moet staan in alle moederskamers: “Laat die kindertjies na my toe kom. Moenie hulle keer nie. Want die koninkryk is juis vir almal wat soos hulle is bedoel.” Markus 10v14

Wat ‘n amazing Here dien ons nie. Wat geweet het mamma’s in moederskamers gaan daardie vers nodig kry. Wat geweet het dat as jou skree-bekkie vanaand sy arms om jou sit en sê hy’s lief vir jou dit jou naby genoeg aan Hom sal kan laat voel. En volgende keer as dit weer so rof gaan maak jy net saam n Joyful Noise unto the Lord!!

image

Ek moes allaaaankal!

image

Ai as arbeidsterapeut mamma is ek ook maar partykeer stadig! Ons het nog bietjie gesukkel met die “piepie-ini-kooi” tot mamma Annikant haar lank-voor-geleerde-graad uiteindelik op haar eie kind begin gebruik het.

Die goeie ou getroue star chart. Ons plak n ster vir elke droë oggend. 10 sterre later het ons ‘n welverdiende milkshake by buckley’s (Smif se Wimpy) gaan drink!